18 Daarop kom Gad dieselfde dag by Dawid en sê vir hom: Gaan op, bou vir die Here ’n altaar op die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.
19 En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad, soos die Here beveel het.
20 Toe Arauna opkyk en die koning met sy dienaars na hom sien oorkom, het Arauna uitgegaan en hom voor die koning met sy aangesig na die aarde gebuig.
21 En Arauna het gesê: Waarom kom my heer die koning na sy dienaar? Daarop sê Dawid: Om die dorsvloer van jou te koop, om vir die Here ’n altaar te bou, sodat die plaag onder die volk kan ophou.
22 Maar Arauna sê vir Dawid: My heer die koning kan neem en offer wat goed is in sy oë, kyk, daar is die beeste as die brandoffer en die sleë en die trekgoed van die beeste as hout.
23 Dit gee Arauna alles, o koning, aan die koning. Verder het Arauna aan die koning gesê: Mag die Here u God ’n behae in u hê.
24 Maar die koning het Arauna geantwoord: Nee, maar ek wil dit verseker van jou koop vir sy prys; en ek wil nie verniet aan die Here my God brandoffers bring nie. En Dawid het die dorsvloer en die beeste gekoop vir vyftig sikkels silwer.