29 Mag dit losbreek op die hoof van Joab en op sy hele familie, en mag die huis van Joab nie vry wees van een wat ’n vloeiing het of wat melaats is of wat op krukke loop of wat deur die swaard val of gebrek aan brood het nie.
30 Joab dan en Abísai, sy broer, het Abner vermoor, omdat hy hulle broer Ásahel by Gíbeon in die geveg gedood het.
31 Verder het Dawid aan Joab en al die mense wat by hom was, gesê: Skeur julle klere en gord rouklere aan en rouklaag voor Abner uit! En koning Dawid het agter die baar aan gegaan.
32 Toe hulle Abner in Hebron begrawe, het die koning sy stem verhef en geween by die graf van Abner; die hele volk het ook geween.
33 En die koning het ’n klaaglied oor Abner aangehef en gesê: Moes Abner sterwe soos ’n dwaas sterwe?
34 Jou hande was nie gebind en jou voete nie aangeraak met koperkettings nie. Soos ’n mens voor kwaaddoeners val, het jy geval. En die hele volk het nog meer oor hom geween.
35 Daarop kom die hele volk om Dawid te beweeg dat hy brood moet eet terwyl dit nog dag was; maar Dawid het gesweer en gesê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen as ek voor sonsondergang brood of enigiets proe.