1 TOE die seun van Saul hoor dat Abner in Hebron gesterf het, het sy hande slap geword, en die hele Israel was verskrik.
2 En die seun van Saul het twee manne, owerstes van bendes, gehad: die naam van die een was Báëna en die naam van die ander Regab, seuns van Rimmon, die Béërotiet, uit die kinders van Benjamin, want Béërot is ook by Benjamin gereken.
3 En die Béërotiete het na Gittáim gevlug en was daar vreemdelinge tot vandag toe.
4 En Jónatan, die seun van Saul, het ’n seun gehad, lam aan altwee voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding aangaande Saul en Jónatan uit Jísreël gekom het, en sy oppasser het hom opgetel en gevlug; maar terwyl sy in haar haastigheid vlug, het hy geval en lam geword; en sy naam was Mefibóset.
5 En die seuns van Rimmon, die Béërotiet, Regab en Báëna, het gegaan en by die huis van Isbóset gekom op die warmste van die dag toe hy in sy middagslaap lê.