8 En Dawid het daardie dag gesê: Elkeen wat ’n Jebusiet verslaan, laat hom in die waterkanaal neerwerp die lammes sowel as die blindes, van wie Dawid se siel ’n afkeer het! Daarom sê hulle: ’n Blinde en ’n lamme mag nie in die huis kom nie.
9 En Dawid het in die bergvesting gaan woon en dit die stad van Dawid genoem; en Dawid het rondom, van Millo af na die binnekant, gebou.
10 En Dawid het gedurigdeur groter geword, en die Here, die God van die leërskare, was met hom.
11 Toe stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en skrynwerkers en klipkappers, en hulle het vir Dawid ’n huis gebou.
12 So het Dawid dan gewaar geword dat die Here hom as koning oor Israel bevestig en sy koningskap verhef het ter wille van sy volk Israel.
13 En Dawid het uit Jerusalem meer byvroue en vroue geneem, nadat hy uit Hebron gekom het; en vir Dawid is meer seuns en dogters gebore.
14 En dit is die name van die wat vir hom in Jerusalem gebore is: Sámmua en Sobab en Natan en Salomo,