1 EN terwyl die koning in sy huis woon, nadat die Here hom rus gegee het van al sy vyande rondom,
2 sê die koning vir die profeet Natan: Kyk tog, ék woon in ’n huis van sederhout, maar die ark van God woon binnekant ’n tentdoek.
3 Toe sê Natan aan die koning: Gaan heen, doen alles wat in u hart is, want die Here is met u.
4 Maar in dieselfde nag kom die woord van die Here tot Natan en sê:
5 Gaan sê aan my kneg, aan Dawid: So spreek die Here: Sou jý vir My ’n huis bou om in te woon?
6 Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af dat Ek die kinders van Israel uit Egipte laat optrek het tot vandag toe nie; maar Ek het rondgetrek in ’n tentwoning.