19 En dit was nog te gering in u oë, Here Here, sodat U ook aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek het; en dit is die wet vir mense, Here Here!
20 Maar wat sal Dawid nog verder met U spreek? want U ken u kneg, Here Here.
21 Ter wille van u woord en volgens u hart het U hierdie hele groot saak gedoen, om dit aan u kneg bekend te maak.
22 Daarom is U groot, Here God! Want daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.
23 En wie is soos u volk, soos Israel, ’n enige nasie op die aarde, wat God vir Hom as ’n volk gaan verlos het, en om vir Hom ’n naam te maak; en om groot dinge te doen vir hulle en vreeslike dinge aan u land voor u volk uit wat U verlos het vir U van Egipte, van die heidene en hulle gode?
24 En U het u volk Israel vir U bevestig as ’n volk vir U tot in ewigheid; en U, Here, het vir hulle ’n God geword.
25 Laat dan nou, Here God, die woord wat U oor u kneg en oor sy huis gespreek het, in vervulling gaan tot in ewigheid, en doen soos U gespreek het;