3 So sê die Here: Oor drie oortredinge van Damaskus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle Gílead met ysterdorssleë gedors het.
4 Daarom sal Ek ’n vuur slinger in die huis van Hásael, en dit sal die paleise van Bénhadad verteer.
5 En Ek sal die grendel van Damaskus verbreek en die inwoners uit die laagte van Awen uitroei en die wat die septer dra, uit Bet-Eden, en die volk van Aram sal in ballingskap gaan na Kir, sê die Here.
6 So sê die Here: Oor drie oortredinge van Gasa, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle ’n ganse bevolking in ballingskap weggevoer het om dit aan Edom uit te lewer.
7 Daarom sal Ek ’n vuur slinger in die muur van Gasa, en dit sal sy paleise verteer.
8 En Ek sal die inwoners uit Asdod uitroei en die wat die septer dra, uit Áskelon; en Ek sal my hand teen Ekron uitstrek, en die oorblyfsel van die Filistyne sal omkom, sê die Here Here.
9 So sê die Here: Oor drie oortredinge van Tirus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle ’n ganse bevolking as ballinge aan Edom uitgelewer het en nie gedink het aan die broederverbond nie.