3 Toe het ek ’n ark van akasiahout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes gekap en op die berg geklim met die twee tafels in my hand.
4 En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe wat die Here op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en die Here het dit aan my gegee.
5 En ek het omgedraai en van die berg afgeklim en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het; en dit was daar, soos die Here my beveel het.
6 En die kinders van Israel het van Béërot Bené-Jáäkan weggetrek na Moséra toe. Daar het Aäron gesterwe, en daar is hy begrawe; en sy seun Eleásar het die priesteramp in sy plek bedien.
7 Daarvandaan het hulle weggetrek na Gudgod, en van Gudgod na Jotbat, ’n land van waterstrome.
8 In dié tyd het die Here die stam van Levi afgesonder om die verbondsark van die Here te dra, om voor die aangesig van die Here in sy diens te staan en in sy Naam te seën tot vandag toe.
9 Daarom het Levi geen deel of erfenis saam met sy broers nie; die Here is sy erfdeel, soos die Here jou God hom beloof het.