9 en dat julle die dae kan verleng in die land wat die Here aan julle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle en hul nageslag te gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning.
10 Want die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, is nie soos Egipteland waar julle uitgetrek het, wat jy met jou saad besaai en met jou voet, soos ’n groentetuin, natgelei het nie.
11 Maar die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is ’n land van berge en laagtes wat van die reën van die hemel water drink;
12 ’n land waar die Here jou God voor sorg; die oë van die Here jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.
13 As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die Here julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel,
14 dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel.
15 En Ek sal plante gee op jou veld vir jou vee, en jy sal eet en versadig word.