25 Jy mag dit nie eet nie, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan as jy doen wat reg is in die oë van die Here.
26 Net jou heilige gawes wat jy het, en jou gelofte-offers moet jy neem en na die plek kom wat die Here sal uitkies;
27 en jy moet jou brandoffers, die vleis en die bloed, berei op die altaar van die Here jou God, en die bloed van jou slagoffers moet teen die altaar van die Here jou God uitgegiet word; maar die vleis moet jy eet.
28 Luister sorgvuldig na al hierdie woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat goed en reg is in die oë van die Here jou God.
29 As die Here jou God die nasies waar jy na toe gaan om hulle uit die besitting te verdrywe, voor jou uitroei, en jy hulle verdrywe en in hulle land woon,
30 neem jou dan in ag dat jy nie, agter hulle aan, verstrik word nadat hulle voor jou uit verdelg is nie, en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien? — dat ek ook so kan doen.
31 So mag jy nie handel met die Here jou God nie; want alles wat vir die Here ’n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur vir hulle gode.