1 ONDERHOU die maand Abib en hou pasga vir die Here jou God; want in die maand Abib het die Here jou God jou in die nag uit Egipte uitgelei.
2 En jy moet vir die Here jou God as pasga kleinvee en beeste slag, op die plek wat die Here sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.
3 Jy mag geen gesuurde brood daarby eet nie; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode daarby eet, brood van ellende — want baie haastig het jy uit Egipteland uitgetrek — sodat jy al die dae van jou lewe die dag van jou uittog uit Egipteland in gedagtenis kan hou.
4 En daar mag by jou sewe dae lank geen suurdeeg in jou hele grondgebied gesien word nie; ook mag niks van die vleis wat jy die eerste dag in die aand slag, tot die môre toe oorbly nie.
5 Jy mag die pasga nie slag in een van jou poorte wat die Here jou God aan jou gee nie.
6 Maar op die plek wat die Here jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, moet jy die pasga slag, in die aand teen sononder, op die tyd van jou uittog uit Egipte.
7 Dan moet jy dit kook en eet op die plek wat die Here jou God sal uitkies; daarna moet jy in die môre omdraai en na jou tente gaan.