7 dan moet hy dien in die Naam van die Here sy God soos al sy broers, die Leviete, wat daar voor die aangesig van die Here staan;
8 ’n gelyke aandeel moet hulle geniet, behalwe wat hy verkoop volgens familiebesit.
9 AS jy kom in die land wat die Here jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie.
10 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan — wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,
11 of wat met besweringe omgaan, of wat ’n gees van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
12 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die Here ’n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die Here jou God hulle voor jou uit.
13 Opreg moet jy wees met die Here jou God.