33 En die Here onse God het hom aan ons oorgegee, sodat ons hom en sy seuns en sy hele volk verslaan het.
34 En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem en elke stad met die banvloek getref, manne en vroue en kinders; ons het niemand laat vryraak nie.
35 Net die vee het ons vir ons geroof en die buit van die stede wat ons ingeneem het.
36 Van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, en die stad in die dal, tot by Gílead was daar vir ons geen vesting onneembaar nie — die Here onse God het alles aan ons oorgegee.
37 Net naby die land van die kinders van Ammon het jy nie gekom nie: die hele kant van die Jabbokrivier en die stede van die gebergte en alles wat die Here onse God verbied het.