1 AS hulle in die land wat die Here jou God jou sal gee om dit in besit te neem, een vind wat dood in die veld lê, sonder dat dit bekend is wie hom gedood het,
2 dan moet jou oudstes en jou regters uitgaan en die afstand meet na die stede wat rondom die een lê wat gedood is.
3 En die stad wat die naaste lê aan hom wat gedood is — die oudstes van dié stad moet ’n jong koei neem waarmee nie gewerk is nie, wat nie in ’n juk getrek het nie.
4 En die oudstes van dié stad moet die koei afbring in ’n dal met standhoudende water waarin nie gewerk of gesaai word nie; en hulle moet daar in die dal die koei se nek breek.
5 Dan moet die priesters, die seuns van Levi, aankom; want die Here jou God het hulle uitverkies om Hom te dien en om in die Naam van die Here te seën, en volgens hulle uitspraak moet elke saak van twis en verwonding afgehandel word.
6 En al die oudstes van dié stad wat die naaste woon aan hom wat gedood is, moet hulle hande was oor die koei waarvan die nek in die dal gebreek is;