3 En die stad wat die naaste lê aan hom wat gedood is — die oudstes van dié stad moet ’n jong koei neem waarmee nie gewerk is nie, wat nie in ’n juk getrek het nie.
4 En die oudstes van dié stad moet die koei afbring in ’n dal met standhoudende water waarin nie gewerk of gesaai word nie; en hulle moet daar in die dal die koei se nek breek.
5 Dan moet die priesters, die seuns van Levi, aankom; want die Here jou God het hulle uitverkies om Hom te dien en om in die Naam van die Here te seën, en volgens hulle uitspraak moet elke saak van twis en verwonding afgehandel word.
6 En al die oudstes van dié stad wat die naaste woon aan hom wat gedood is, moet hulle hande was oor die koei waarvan die nek in die dal gebreek is;
7 en hulle moet verklaar en sê: Ons hande het hierdie bloed nie vergiet nie, en ons oë het dit nie gesien nie.
8 Doen versoening vir u volk Israel wat U, o Here, verlos het, en laat geen onskuldige bloed op u volk Israel rus nie, en laat die bloedskuld vir hulle versoen word.
9 En jy sal die onskuldige bloed uit jou midde verwyder as jy doen wat reg is in die oë van die Here.