8 Doen versoening vir u volk Israel wat U, o Here, verlos het, en laat geen onskuldige bloed op u volk Israel rus nie, en laat die bloedskuld vir hulle versoen word.
9 En jy sal die onskuldige bloed uit jou midde verwyder as jy doen wat reg is in die oë van die Here.
10 AS jy na die oorlog uittrek teen jou vyande en die Here jou God hulle in jou hand gee en jy hulle gevangenes wegvoer,
11 en jy onder die gevangenes ’n vrou sien wat skoon van gestalte is, en jy haar liefkry en haar as vrou vir jou neem,
12 dan moet jy haar in jou huis inbring; en sy moet haar hoof skeer en haar naels knip.
13 En sy moet die klere waarin sy weggevoer is, uittrek en in jou huis bly en haar vader en haar moeder ’n maand lank beween; en daarna kan jy by haar ingaan en met haar trou, en sy sal jou vrou wees.
14 En as jy geen behae in haar het nie, moet jy haar volgens haar begeerte laat gaan; maar jy mag haar glad nie vir geld verkoop nie; jy mag haar nie hard behandel nie, omdat jy haar onteer het.