17 Daar mag geen hoer uit die dogters van Israel wees nie; en daar mag geen skandseun uit die seuns van Israel wees nie.
18 Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die huis van die Here jou God as enige gelofte offer bring nie; want dié altwee is vir die Here jou God ’n gruwel.
19 Jy mag jou broer geen rente oplê nie, rente van geld, rente van eetware, rente van enigiets wat ’n mens teen rente uitleen nie.
20 Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat die Here jou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
21 As jy aan die Here jou God ’n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die Here jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.
22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.
23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die Here jou God vrywillig beloof het — wat jy met jou mond gespreek het.