22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.
23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die Here jou God vrywillig beloof het — wat jy met jou mond gespreek het.
24 As jy in die wingerd van jou naaste kom, mag jy na hartelus volop druiwe eet, maar in jou tas mag jy niks steek nie.
25 As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom, mag jy met jou hand are afpluk; maar ’n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.