1 AS ’n man ’n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ’n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,
2 en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ’n ander man s’n word,
3 en dié laaste man haar haat en haar ’n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het —
4 dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ’n gruwel voor die aangesig van die Here, en jy mag op die land wat die Here jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie.
5 As ’n man pas getroud is, hoef hy nie op kommando uit te trek nie, en hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis en aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf.