15 Jy moet ’n volle en regte gewig hê; jy moet ’n volle en regte efa hê; sodat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God jou sal gee.
16 Want almal wat hierdie dinge doen, is ’n gruwel vir die Here jou God — almal wat onreg doen.
17 DINK aan wat Ámalek op die pad by julle uittog uit Egipte aan jou gedoen het,
18 hoe hy jou op die pad teëgekom het en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het terwyl jy moeg en mat was, en hy God nie gevrees het nie.
19 As dan die Here jou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die Here jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Ámalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.