12 As jy al die tiendes van jou opbrings klaar afgesonder het in die derde jaar, die jaar van die tiendes, dan moet jy aan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee gee, dat hulle in jou poorte kan eet en versadig word.
13 En jy moet voor die aangesig van die Here jou God sê: Ek het die heilige goed uit die huis weggebring en dit ook aan die Leviet en die vreemdeling, die wees en die weduwee gegee, geheel en al volgens u gebod wat U my beveel het; ek het geeneen van u gebooie oortree of vergeet nie.
14 Ek het daarvan in my rou nie geëet en daarvan as ’n onreine niks weggebring en daarvan aan ’n dooie niks gegee nie; ek het na die stem van die Here my God geluister; ek het gedoen net soos U my beveel het.
15 Kyk tog uit u heilige woning, uit die hemel, neer en seën u volk Israel en die land wat U ons gegee het, soos U aan ons vaders met ’n eed beloof het, ’n land wat oorloop van melk en heuning.
16 Vandag beveel die Here jou God jou om hierdie insettinge en verordeninge na te kom; onderhou dan en doen dit met jou hele hart en met jou hele siel.
17 Vandag het jy die Here laat verklaar dat Hy vir jou ’n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister.
18 En die Here het jou vandag laat verklaar dat jy vir Hom ’n eiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al sy gebooie sal onderhou;