3 En jy moet as jy oortrek daarop skrywe al die woorde van hierdie wet, sodat jy kan kom in die land wat die Here jou God jou sal gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning, soos die Here, die God van jou vaders, jou beloof het.
4 As julle dan deur die Jordaan trek, moet julle hierdie klippe waaromtrent ek julle vandag bevel gee, op die berg Ebal oprig, en jy moet dit met kalk bestryk.
5 En jy moet daar vir die Here jou God ’n altaar bou, ’n altaar van klippe; jy mag geen yster daaroor swaai nie.
6 Van ongekapte klippe moet jy die altaar van die Here jou God bou; en jy moet daarop brandoffers bring aan die Here jou God.
7 Ook moet jy dankoffers slag en daar eet en vrolik wees voor die aangesig van die Here jou God.
8 En jy moet op die klippe baie duidelik skrywe al die woorde van hierdie wet.
9 Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die volk van die Here geword.