3 Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.
4 Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.
5 Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
6 Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.
7 Die Here sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.
8 Die Here sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die Here jou God jou sal gee.
9 Die Here sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die Here jou God hou en in sy weë wandel.