31 Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou ’n helper is.
32 Jou seuns en jou dogters word aan ’n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen.
33 Die vrugte van jou land en al jou werk sal ’n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word.
34 En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.
35 Die Here sal jou tref met bose swere aan die knieë en aan die bene — waarvan jy nie gesond kan word nie — van jou voetsool tot jou skedel.
36 Die Here sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na ’n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien.
37 En jy sal ’n voorwerp van verbasing, ’n spreekwoord en ’n spot wees onder al die volke waarheen die Here jou sal wegvoer.