2 En hy het gesê: Die Here het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom van heilige tienduisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle.
3 Ja, Hy het die stamme lief. Al sy heiliges — hulle is in u hand; en hulle was gelaer by u voet; elkeen ontvang iets van u uitsprake.
4 Moses het ons die wet beveel, ’n besitting vir die vergadering van Jakob.
5 En Hy het Koning geword in Jesúrun, toe die hoofde van die volk vergader het, die stamme van Israel almal saam.
6 Laat Ruben lewe en nie sterwe nie, en laat sy manne ’n aantal wees.
7 En dít vir Juda, en hy het gesê: Hoor, Here, die stem van Juda, en bring hom na sy volk toe; met sy hande het hy geveg vir hulle, en wees U vir hom ’n hulp teenoor sy teëstanders.
8 En van Levi het hy gesê: U Tummim en u Urim is vir die man, u gunsgenoot, u wat deur U beproef is in Massa, met wie U getwis het by die waters van Mériba;