1 DIT is dan die gebod, die insettinge en die verordeninge wat die Here julle God beveel het om julle te leer, sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem;
2 dat jy die Here jou God kan vrees om al sy insettinge en sy gebooie wat ek jou beveel, te hou — jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word.
3 Hoor dan, Israel, en onderhou dit sorgvuldig, dat dit met jou goed kan gaan en dat julle baie kan vermenigvuldig soos die Here die God van jou vaders jou beloof het, ’n land wat oorloop van melk en heuning.
4 Hoor, Israel, die Here onse God is ’n enige Here.