61 En van die kinders van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, ’n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.
62 Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.
63 En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat ’n priester sou optree met Urim en Tummim.
64 Die hele vergadering saam was twee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig,
65 behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was seweduisend-driehonderd-sewen-en-dertig. En hulle het tweehonderd sangers en sangeresse gehad.
66 Hulle perde was sewehonderd-ses-en-dertig; hulle muile, tweehonderd-vyf-en-veertig;
67 hulle kamele, vierhonderd-vyf-en-dertig; esels, sesduisend-sewehonderd-en-twintig.