63 En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat ’n priester sou optree met Urim en Tummim.
64 Die hele vergadering saam was twee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig,
65 behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was seweduisend-driehonderd-sewen-en-dertig. En hulle het tweehonderd sangers en sangeresse gehad.
66 Hulle perde was sewehonderd-ses-en-dertig; hulle muile, tweehonderd-vyf-en-veertig;
67 hulle kamele, vierhonderd-vyf-en-dertig; esels, sesduisend-sewehonderd-en-twintig.
68 En van die familiehoofde het, toe hulle by die huis van die Here kom wat in Jerusalem is, vrywillig gegee vir die huis van God om dit weer op te rig op sy plek.
69 Na hul vermoë het hulle bygedra tot die fonds van die werk: in goud een-en-sestigduisend dragmes, en in silwer vyfduisend mines en honderd priesterrokke.