13 Laat dit nou aan die koning bekend wees dat hulle, as dié stad opgebou en die mure voltooi is, geen belasting, opbrings of tol sal gee nie — wat aan die inkomste van die konings skade sal doen.
14 Aangesien ons nou die sout van die paleis geëet het en dit ons nie pas om die smaad van die koning aan te sien nie, daarom stuur ons en laat die koning weet,
15 dat hulle kan nasoek in die kroniekboek van u vaders; dan sal u in die kroniekboek vind en daaruit verneem dat dié stad ’n rebelse stad was wat aan konings en provinsies skade gedoen het, en dat hulle van ouds af daarin oproer verwek het; daarom is dié stad verwoes.
16 Ons maak die koning bekend dat, as dié stad opgebou en die mure voltooi word, u daardeur geen deel sal hê wes van die Eufraat nie.
17 Die koning het as antwoord gestuur: Aan Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote wat in Samaría en in die orige gebied wes van die Eufraat woon: Heil! En nou —
18 die brief wat julle aan ons gestuur het, is aan my in vertaling voorgelees.
19 En deur my is bevel gegee, en hulle het gesoek en gevind dat dié stad van ouds af hom teen konings versit, en dat rebellie en oproer daarin verwek is.