6 het hierdie Esra opgetrek uit Babel; en hy was ’n skrifgeleerde, vaardig in die wet van Moses wat die Here, die God van Israel, gegee het; en die koning het, omdat die hand van die Here sy God oor hom was, al sy begeertes ingewillig.
7 Ook van die kinders van Israel en van die priesters en die Leviete en die sangers en die poortwagters en die tempelbediendes het na Jerusalem opgetrek in die sewende jaar van koning Artasásta.
8 En hy het in Jerusalem gekom in die vyfde maand; dit was die sewende jaar van die koning.
9 Want op die eerste van die eerste maand het hy die optog uit Babel gereël, en op die eerste van die vyfde maand het hy in Jerusalem aangekom, omdat die goeie hand van sy God oor hom was.
10 Want Esra het sy hart daarop gerig om die wet van die Here te ondersoek en te betrag, en om Israel die insettinge en verordeninge te leer.
11 En dit is die afskrif van die brief wat koning Artasásta gegee het aan Esra, die priester-skrifgeleerde, wat skrifgeleerd was in die woorde van die gebooie en insettinge van die Here oor Israel:
12 Artasásta, die koning van die konings, aan die priester Esra, skrifgeleerde in die wet van die God van die hemel, volkome vrede! En nou —