4 Vandag trek julle uit, in die maand Abib.
5 En as die Here jou bring in die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Hewiete en Jebusiete, wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning, dan moet jy hierdie diens in hierdie maand onderhou.
6 Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar fees tot eer van die Here.
7 Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word: by jou mag geen gesuurde brood gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in jou hele grondgebied gesien word nie.
8 En jy moet jou seun op dié dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat die Here aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.
9 En dit moet vir jou as ’n teken wees op jou hand en ’n gedenkteken tussen jou oë, sodat die wet van die Here in jou mond mag wees; want deur ’n sterke hand het die Here jou uit Egipte uitgelei.
10 Daarom moet jy hierdie insetting onderhou op die daarvoor bepaalde tyd, van jaar tot jaar.