2 Die Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.
3 Die Here is ’n krygsman; Here is sy naam.
4 Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink.
5 Die watervloede het hulle oordek. Hulle het in die kolke gesink soos ’n klip.
6 o Here, u regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, o Here, verpletter die vyand.
7 En in u grote hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur u toorngloed uit: dit verteer hulle soos ’n stoppel.
8 En deur die geblaas van u neus het die waters hulle opgestapel, die strome het bly staan soos ’n wal, die watervloede het styf geword in die hart van die see.