18 En die hele berg Sinai het gerook, omdat die Here in ’n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van ’n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.
19 Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens hardop geantwoord.
20 Terwyl die Here op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het die Here Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.
21 En die Here het vir Moses gesê: Klim af, waarsku die volk, dat hulle nie na die Here toe deurbreek om te sien en baie van hulle dan val nie.
22 En ook die priesters wat naby die Here kom, moet hulleself heilig, sodat die Here nie teen hulle losbreek nie.
23 Toe het Moses die Here geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en heilig dit.
24 Daarop sê die Here vir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na die Here toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie.