11 En as hy hierdie drie dinge nie vir haar doen nie, kan sy verniet weggaan, sonder geld.
12 Hy wat ’n mens slaan, dat hy sterwe, moet sekerlik gedood word.
13 Maar as hy dit daar nie op toegelê het nie, maar God dit sy hand laat ontmoet het, dan sal Ek jou ’n plek aanwys waarheen hy kan vlug.
14 Maar as iemand moedswillig teen sy naaste handel, om hom met lis dood te maak, moet jy hom van my altaar af wegneem, om te sterwe.
15 En hy wat sy vader of moeder slaan, moet sekerlik gedood word.
16 En hy wat ’n mens steel en hom verkoop — of as hy in sy besit gevind word — dié moet sekerlik gedood word.
17 En hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word.