21 Maar as hy ná een of twee dae nog lewe, moet dit nie gewreek word nie, want hy is sy eiendom.
22 En as manne met mekaar veg en ’n swanger vrou so stamp dat haar vrug afgaan, maar daar geen ander letsel is nie, moet hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur skeidsregters gee.
23 Maar is daar ’n letsel, dan moet jy gee lewe vir lewe,
24 oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet,
25 brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.
26 En as iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom vry laat weggaan vir sy oog.
27 En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin uitslaan, moet hy hom vry laat weggaan vir sy tand.