1 JY mag geen valse gerug rondstrooi nie. Verbind jou nie met die skuldige om ’n kwaadwillige getuie te wees nie.
2 Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ’n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.
3 Ook mag jy die geringe nie voortrek in sy regsaak nie.
4 As jy jou vyand se bees of esel teëkom wat ronddwaal, moet jy dit sekerlik vir hom terugbring.
5 As jy jou vyand se esel onder sy pak sien lê, moet jy dit nie onverskillig aan hom oorlaat nie: jy moet dit sekerlik saam met hom aflaai.
6 Jy mag die reg van jou arm mense in hulle regsaak nie verdraai nie.
7 Hou jou ver van valse sake af. En moenie die onskuldige en die wat reg het, ombring nie, want Ek sal die skuldige nie regverdig verklaar nie.