32 Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees.
33 Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan ’n onbevoegde laat kom, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
34 Verder het die Here vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en gálbanum — speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede,
35 en maak daar reukwerk van, ’n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig.
36 En vrywe ’n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit ’n deel daarvan neer voor die Getuienis in die tent van samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; hoogheilig moet dit vir julle wees.
37 En die reukwerk wat jy moet maak — na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan die Here moet dit vir jou wees.
38 Elkeen wat so iets maak om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.