17 die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof;
18 die penne van die tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne;
19 die kunstige klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien.
20 Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel van Moses af weggegaan.
21 En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van die Here gebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere;
22 die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat ’n offer van goud aan die Here gewy het,
23 en elkeen wat in besit was van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle, het dit gebring.