20 En hulle het twee goue ringe gemaak en dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed bevestig, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.
21 En hulle het die borstas, met sy ringe, aan die ringe van die skouerkleed met ’n pers toutjie vasgebind, sodat dit bo die band van die skouerkleed sou wees en die borstas nie van die skouerkleed kon afskuiwe nie, soos die Here Moses beveel het.
22 En hy het die mantel van die skouerkleed van wewerswerk gemaak, heeltemal van pers stof.
23 En die opening van die mantel was in die middel daarvan soos die opening van ’n pantser; die opening het ’n soom rondom gehad, dat dit nie sou skeur nie.
24 En aan die soom van die mantel het hulle granaatjies gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
25 Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies gesit, aan die soom van die mantel rondom, tussen die granaatjies in:
26 ’n klokkie en ’n granaatjie, ’n klokkie en ’n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom, vir die diens, soos die Here Moses beveel het.