24 Hy het ook die kandelaar in die tent van samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel.
25 En hy het die lampe opgesteek, voor die aangesig van die Here, soos die Here Moses beveel het.
26 En hy het die goue altaar in die tent van samekoms neergesit, voor die voorhangsel,
27 en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos die Here Moses beveel het.
28 Hy het ook die bedekking van die ingang van die tabernakel opgehang.
29 En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neergesit, en hy het daarop die brandoffer en die spysoffer gebring, soos die Here Moses beveel het.
30 Hy het ook die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar gesit, en hy het daar water in gegooi om mee te was.