10 Toe het Moses en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos die Here hulle beveel het: Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het ’n slang geword.
11 Daarop laat Farao óók die wyse manne en die towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste:
12 elkeen gooi sy staf neer, en hulle word slange! Maar Aäron se staf het hulle stawe verslind.
13 Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie soos die Here gespreek het.
14 TOE sê die Here vir Moses: Farao se hart is verhard; hy weier om die volk te laat trek.
15 Gaan môre vroeg na Farao toe — kyk, hy sal uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en neem die staf wat in ’n slang verander het, in jou hand,
16 en sê vir hom: Die Here, die God van die Hebreërs, het my na u gestuur met die boodskap: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien in die woestyn. Maar kyk, u het tot nou toe nie geluister nie.