27 Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het dié keer sonde gedoen. Die Here is reg, maar ek en my volk het ongelyk.
28 Bid tot die Here, want daar is oorgenoeg donder van God en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer te bly nie.
29 Toe sê Moses vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my hande tot die Here uitbrei: die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat die aarde aan die Here behoort.
30 Maar wat u en u dienaars betref — ek weet dat julle nog nie ontsag het vir die Here God nie.
31 En die vlas en die gars was weggeslaan, want die gars was in die aar en die vlas in die knop.
32 Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, want hulle is later.
33 So het Moses dan uit die stad gegaan van Farao af weg en sy hande tot die Here uitgebrei. En die donder en hael het opgehou, en die reën het nie meer op die aarde gegiet nie.