5 En Sarai sê vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword. Laat die Here oordeel tussen my en jou.
6 En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand — doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.
7 En die Engel van die Here het haar by ’n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad na Sur,
8 en gevra: Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen? En sy antwoord: Ek vlug van my meesteres Sarai af weg.
9 Toe sê die Engel van die Here vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.
10 Verder sê die Engel van die Here vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.
11 Ook sê die Engel van die Here vir haar: Kyk, jy is swanger en sal ’n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die Here het jou in jou ellende verhoor.