1 EN die lewensdae van Sara was honderd-sewen-en-twintig jaar. Dit was die lewensjare van Sara.
2 En Sara het gesterwe in Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die land Kanaän; en Abraham het gekom om oor Sara te rouklaag en haar te beween.
3 Daarna het Abraham opgestaan, van sy dode af weg, en met die seuns van Het gespreek en gesê:
4 Ek is ’n vreemdeling en bywoner onder julle. Gee my ’n graf as besitting by julle, dat ek my dode van my af weg kan begrawe.
5 Toe antwoord die seuns van Het vir Abraham en sê aan hom:
6 Luister na ons, my heer! U is ’n vors van God onder ons. Begraaf u dode in die beste graf wat ons het; niemand van ons sal u sy graf weier om u dode te begrawe nie.