3 Daarna het Abraham opgestaan, van sy dode af weg, en met die seuns van Het gespreek en gesê:
4 Ek is ’n vreemdeling en bywoner onder julle. Gee my ’n graf as besitting by julle, dat ek my dode van my af weg kan begrawe.
5 Toe antwoord die seuns van Het vir Abraham en sê aan hom:
6 Luister na ons, my heer! U is ’n vors van God onder ons. Begraaf u dode in die beste graf wat ons het; niemand van ons sal u sy graf weier om u dode te begrawe nie.
7 Toe staan Abraham op en buig hom voor die volk van die land, voor die seuns van Het;
8 en hy het met hulle gespreek en gesê: As julle dit goedvind dat ek my dode van my af weg begrawe, luister dan na my en doen vir my ’n goeie woord by Efron, die seun van Sohar,
9 dat hy aan my gee die spelonk van Magpéla wat aan hom behoort, wat aan die end van sy stuk grond lê; laat hy dit vir die volle som aan my gee, dat ek ’n graf onder julle mag besit.