43 Toe antwoord Laban en sê vir Jakob: Die dogters is my dogters, en die seuns is my seuns, en die kleinvee is my kleinvee, ja, alles wat jy sien, is myne; maar my dogters — wat sal ek hulle vandag kan aandoen of aan hulle seuns wat hulle gebaar het?
44 Kom dan nou, laat ons ’n verbond sluit, ek en jy, dat dit ’n getuie tussen my en jou kan wees.
45 Daarop het Jakob ’n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig.
46 En Jakob het aan sy broers gesê: Bring klippe bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en ’n hoop gemaak en daar op die hoop geëet.
47 En Laban het dit Jegar-Sahadúta genoem, maar Jakob het dit Gal-ed genoem.
48 Toe sê Laban: Hierdie hoop is vandag ’n getuie tussen my en jou. Daarom het hulle dit Gal-ed genoem,
49 en ook Mispa, omdat hy gesê het: Mag die Here wag hou tussen my en jou as ons mekaar nie meer sien nie.