25 Daarna het hulle gaan sit om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens ’n reisgeselskap Ismaeliete wat uit Gílead kom — hulle kamele gelaai met speserye en balsem en gom — op pad om dit na Egipte af te bring.
26 Toe sê Juda aan sy broers: Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodmaak en sy bloed verberg?
27 Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister.
28 En toe die Midianitiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer. En húlle het Josef na Egipte gebring.
29 Toe Ruben by die put terugkom, was Josef nie in die put nie! Daarop skeur hy sy klere,
30 en hy gaan na sy broers terug en sê: Die seun is nie daar nie! En ek, waar moet ek heen?
31 Toe neem hulle Josef se rok, en hulle slag ’n bok en steek die rok in die bloed,