14 Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: ’n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.
15 Maar die Here sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die Here het ’n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.
16 Toe gaan Kain weg van die aangesig van die Here, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden.
17 En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy ’n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog.
18 En vir Henog is Irad gebore; en Irad was die vader van Mehújael; en Mehújael was die vader van Metúsael; en Metúsael die vader van Lameg.
19 En Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla.
20 En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van die tentbewoners en die veeboere.