6 en ná hulle spruit daar sewe are uit wat maer en deur die oostewind verskroei was;
7 en die maer are het die sewe vet en vol are verslind. Toe het Farao wakker geword en kyk, dit was ’n droom!
8 Dié môre was sy gees onrustig, en hy het al die towenaars en al die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy droom vertel, maar niemand kon dit aan Farao uitlê nie.
9 Toe het die voorman van die skinkers met Farao gespreek en gesê: Ek moet vandag my sondes in gedagtenis bring.
10 Farao was baie kwaad vir sy dienaars en het my in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, my en die voorman van die bakkers.
11 En ons het in dieselfde nag ’n droom gehad, ek en hy; ons het gedroom, elkeen ’n droom met besondere betekenis.
12 En daar was by ons ’n Hebreeuse jongman, ’n kneg van die owerste van die lyfwag — aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee.