4 En glans soos sonlig is daar, ligstrale aan sy sy; en dáár is die omhulsel van sy krag.
5 Voor Hom uit loop die pes, en ’n koorsgloed trek uit agter Hom aan.
6 Hy tree op en laat die aarde wankel, Hy kyk en laat nasies opskrik; verpletterd lê die ewige berge, en neergesink die ou, ou heuwels — paaie van die ou tyd vir Hom.
7 Ek sien die tente van Kusan met onheil oordek, en die tentdoeke van die land Mídian bewe.
8 Is dit teen riviere, o Here, teen die riviere, dat u toorn ontvlam het? Of geld u grimmigheid die see dat U ry met u perde, u oorwinningswaens?
9 Heeltemal ontbloot is u boog; besweer is die pyle deur die woord. Sela. Tot riviere splyt U die aarde.
10 Die berge sien U en bewe van angs, ’n wolkbreuk storm verby, die wêreldvloed verhef sy stem, steek sy hande omhoog.